Soorte resepte:

Resep: Amerikaanse baber-gebak

Amerikaanse baber-gebak (Foto: Byt & Buskruit)

Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit die derde episode van reeks 2.

Bestanddele

  • 2 ℓ kookolie
  • 4 baberfilette
  • ½ koppie olyfolie
  • 200 g babaspinasie
  • 20 g vars pietersielie
  • vars uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
  • ¼ koppie fyngekapte ui
  • sout na smaak
  • peper na smaak
  • speserye van jou keuse
  • 1 vars suurlemoen in skywe gesny
  • jalapenos na smaak

 

Metode

  1. Sprinkel olyfolie op ’n stuk foelie, pak ʼn laag spinasieblare daarop, sit die helfte van die visfilette daarop neer en smeer dan olie oor die vis.
  2. Breek pietersielie oor die vis en strooi die fyngekapte ui ook daaroor.
  3. Gooi die vars uitgedrukte suurlemoensap oor die vis.
  4. Sprinkel sout en peper en die speserye van jou keuse oor die vis.
  5. Sny die jalapenos en pak dit saam met vars suurlemoenskywe bo-op die vis.
  6. Sit die res van die visfilette bo-op en sprinkel sout en peper en jou keuse speserye oor.
  7. Sny vars knoffel in klein stukkies en pak dit ook bo-oor die vis.
  8. Vou die foeliepakkie toe.
  9. Bak teen 180 °C in die oond vir 30 minute.

 

Bron: Byt & Buskruit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris ·

Ek dink my resep vir baber is lekkerder.
Hier is hy. Jy vat een baber, krap hom skoon, sny kop en stert af. Sny pens oop en haal binnegoed uit. Maak tamatiesmoor met Italiaanse kruie in. Skep dit in die pens in en werk toe. Voor verhit oond 160 grade. Kry broodplank en sit baber op. Draai toe met aliminium foelie. Sit is oond vir 56 minute. Haal uit, haal foelie af. Sny baber oop, krap tamariesmoor uit. Gooi baber weg en eet die broodplank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.