Soorte resepte:

[Resep] Amerikaanse spesery-braaihoender

Hoender

Amerikaanse spesery-braaihoender Foto: ‘n Lewe met kos

Sappige hoender bedek in ʼn bros lagie met ʼn sweempie brandrissie.

Bestanddele:

Kruie-en-brandrissie-mengsel

  • 300 ml koekmeel
  • 30 m hoenderspeserye
  • 125 ml sesamsaadjies
  • sout na smaak
  • 15 ml brandrissievlokkies
  • 15 ml droë tiemie
  • 15 ml droë marjolein
  • 8 hoenderporsies van jou keuse, met of sonder die vel en bene
  • 1 L hoenderaftreksel
  • 125 ml melk
  • 2 eiers
  • olie vir diepbraai

Metode:

  1. Kruie-en-brandrissie-mengselMeng al die bestanddele saam en hou eenkant.
  2. Kook die hoenderporsies in die hoenderaftreksel vir ongeveer 20 minute tot sag, maar sonder dat die vleis van die bene afval. Haal die hoender uit die aftreksel en hou eenkant.
  3. Klits die melk en eiers saam in ʼn bak. Droog die hoenderporsies met kombuispapier af en doop in die kruie-en-brandrissie-mengsel. Skud die ekstra mengsel af en doop die hoender in die melkmengsel. Laat die oortollige melkmengsel afdrup en doop die hoender weer in die kruie-en-brandrissie-mengsel. Maak seker die hoender is goed bedek en verkoel vir 30 minute in die vrieskas.
  4. Verhit genoeg olie in ʼn kastrol en braai die hoenderporsies vir 10-15 minute oor matige hitte tot goudbruin en bros.
  5. Sit die hoender voor saam met diepgebraaide aartappelwiggies en suurlemoenwiggies .

Bron: Cass Abrahams: ‘n Lewe met kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dawie ·

Indien ‘n mens nie van die brandrissies hou nie kan die meel halveer word en vervang word met goedkoop hoender sop poeier. Jy kry dit in boksies by die pakkies sop in die supermark. Daar is verskeie make maar die een genaamd No 1 is die lekkerste.

Carel ·

Toe ek lees “koekmeel” die vlieg die resep by die deur uit, so lekker soos dit lyk.

Henrietta Klaasing ·

Marjoram – dieselfde familie as “origanum” en kan daarmee vervang word

EMK ·

My man het sy twee bier per aand na een gesny. Hy eet steeds sy toebroodjies (4 snye) brood middagetes, hy eet ‘n groot skep rys elke aand by sy kos en sê nooit nee vir aartappels of botterskorsie. Ons eet baie goed wat koekmeel bevat en ons eet ELKE aand lekkers of poeding. Ons stap wel ook baie elke dag, maar die kastige Noakes bollie – my man het verloor sonder om enige stysel in te boet! Hy het in net ‘n maand soveel kg afgeval hy het geen biermaag meer, hy het van X-L na L gegaan . So mense steur julle nie. Eet bietjie minder as jy jou borde gewoonlik ophoop of drink ‘n biertjie minder en stap baie, dis gesond en jy doen dit verniet en kan geen sportbeserings opdoen nie. Sela

Marieta Bodenstein ·

Soms is daar nuttige wenke wat gegee word; soos die keer toe iemand wenke oor die moets en moenies van reis met die lesers gedeel het.
Dan is daar n lekker resep wat mens graag sal wil aflaai.
Ek sou graag van die info wou uitdruk – maar kan nie. Hoe moet ek te werk gaan om n artikel druk-vriendelik te kry?
Ek reken so – die lesers kan alle besonderhede lees, hoekom nie uitdruk ook nie?
Baie dankie, Marieta

Sune van Heerden ·

Dagsê Marieta

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.