Soorte resepte:

Resep: Appel se lewer-en-nier-bredie

Appel se lewer-en-nier-bredie (Foto: Dapper Media)

Appel deel sy resep vir ʼn geurige lewer-en-nier-bredie.

Bestanddele

  • 500 g lewer en niere
  • ½ koppie (125 ml) balsemasyn
  • 4 eetlepels (60 ml) Aromat
  • 1 eetlepel (15 ml) growwe sout
  • 1 eetlepel (15 ml) growwe peper
  • ½ koppie (125 ml) olyfolie
  • 1 ui, fyn gekap
  • 250 ml room
  • 2 eetlepels (30 ml) rissiesous

Metode

  1. Sit die lewer en niere in ’n mengbak en giet die balsemasyn bo-oor.
  2. Strooi twee teelepels van die Aromat, sout en peper bo-oor, en roer deeglik deur.
  3. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die ui daarin totdat dit karamelliseer.
  4. Strooi nóg twee eetlepels Aromat oor die lewer-en-nier-mengsel.
  5. Roer die lewer-en-nier-mengsel by die gekaramelliseerde uie in die pan en braai dit gaar.
  6. Giet die room in ’n aparte bakkie en meng die rissiesous daarby.
  7. Voeg die room-en-rissiesous by die lewer en niere, en roer deur totdat al die bestanddele goed gemeng is.
  8. Verwyder die pan van die hitte en dien saam met ’n vars broodjie op.

Kyk die voorsmakie vir dié episode van Byt en buskruit en kyk die volledige episode hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Devil ·

Niemand sal ooit kan kom by my ma se lewer en suursous nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.