Soorte resepte:

Resep: Appelkooshoender

Appelkose (Foto: Pixabay)

Die soetigheid van appelkose vul hoender goed aan.

Lewer 4-8 porsies

Bestanddele

  • 8 hoenderborsies
  • 1 L appelkoossap
  • 2 x 65 g-pakkies wit uiesop
  • 1 x 400 g halwe appelkose, in natuurlike sap
  • 30 g geroosterde gevlokte amandels, vir garnering
  • 50 ml gekapte vars pietersielie, vir garnering

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Rangskik die hoenderborsies in ʼn oondvaste bak. Klits die vrugtesap en soppoeier saam en giet oor die hoender. Plaas die hoender, onbedek, in die oond en bak vir 1 uur.
  3. Dreineer die appelkose en behou die sap.
  4. Verwyder die hoender uit die oond en voeg die appelkose se sap by indien die sous te dik is. As die sous reg is, bedek die hoender en bak vir ʼn verdere 20 minute.
  5. Maak die appelkose warm en hou eenkant.
  6. Verwyder die hoender uit die oond, garneer met die warm appelkose, gevlokte amandels en pietersielie.

Bron: Koskaskos deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.