Soorte resepte:

Resep: Beesvleiskerrie

Beesvleiskerrie (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike, vullende gereg wat jou sal laat voel of jy in jou ouma se kombuis sit.
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 500 g maer stowebeesvleis, soos beesnek, oortollige vet verwyder
  • 5 ml canola- of olyfolie
  • 1 middelslag ui, geskil en gekap
  • 5 ml gekapte knoffel, opsioneel en na smaak
  • 5 ml vars gemmer, opsioneel en na smaak
  • 10 ml matige tot sterk kerriepoeier, volgens voorkeur
  • 5 ml masala, opsioneel
  • 2,5 ml elk borrie
  • 2,5 ml gemaalde kaneel
  • 2 swartpeperkorrels
  • 1 lourierblaar of 2-4 kerrieblare
  • 30 ml appelkoosblatjang of 25 ml appelkooskonfyt
  • 5 ml asyn
  • 15 ml suurlemoensap
  • sout na smaak
  • 125 – 175 ml kookwater
  • 1 groot patat, met skil en in blokkies gesny
  • 1 groot wortel, geskraap en in skyfies gesny
  • 5-10 ml mielieblom gemeng met ʼn bietjie koue water

Metode

  1. Sny die vleis in groterige stukkies of 3-4 cm-blokkies.
  2. Verhit die olie in ʼn kastrol met ʼn deksel en roerbraai die vleis, ui en knoffel totdat die vleis verkleur en die ui deurskynend is.
  3. Voeg die kerriepoeier, masala, borrie, kaneel, peperkorrels, lourierblaar, blatjang en suurlemoensap by. Voeg die sout na smaak en 125 ml kookwater by.
  4. Verhit die mengsel tot kookpunt en prut vir 1 tot 1½ uur tot die vleis sag en gaar is.
  5. Voeg die groente en nog kookwater by tydens die laaste 30 minute van die kookproses en prut totdat die vleis sag en die groente gaar is. Verdik die vleissous met mielieblompasta. Bedien met rys en piesangskyfies.

Bron: Lekker & Gesond: Veselryk deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eend Bessinger ·

Yum! Maak dit met minder speserye vir ‘n ligte kerrie wat almal kan eet. Sit brandrissies by (hoe meer, hoe sterker) vir ‘n skop en bevredig die ouens met sterk smaak se eetlus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.