Soorte resepte:

Resep: Bief bourguignon

Bief bourguignon (Foto: Lapa Uitgewers)

Met ʼn prutpot in jou kombuis kan jy die heerlikste disse vir jou gesin gaarmaak sonder om ure voor die stoof te staan.

Lewer 4 tot 6 porsies

Bestanddele

  • 1 kg stowebeesvleis, in groot stukke gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml koekmeel
  • 30 ml kanola-olie
  • 1 bossie vars tiemie, vasgebind in ʼn bondel (behou ʼn paar blare vir garnering)
  • 125 ml brandewyn
  • 500 ml droë rooiwyn
  • 500 ml biefaftreksel
  • 20 ml tamatiepasta
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 ui, in skywe gesny
  • 3 wortels, in groot stukke gesny
  • 500 g baba-aartappels
  • 250 g knopiesampioene, gehalveer
  • 500 g baba-uie
  • 10 ml rooiwynasyn

Metode

  1. Geur die vleis met sout en peper en rol in die meel. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en verbruin die vleis.
  2. Plaas die vleis in die prutpot met die bossie tiemie bo-op.
  3. Giet die brandewyn in die pan, laat prut en skraap al die bruin stukkies bymekaar. Verlaag die hitte en voeg die rooiwyn en beesvleisekstrak by. Roer die tamatiepasta by.
  4. Plaas die knoffel, ui, wortels, aartappels, sampioene en baba-uie in die prutpot. Voeg die sous uit die pan by en roer die pot liggies.
  5. Bedek prutpot en stel dit op laag vir 6-8 uur.
  6. Verwyder die bondel tiemie en voeg die rooiwynasyn by.
  7. Verdik die sous met mielieblom indien verkies.

Bron: 50 Prutpot geregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.