Soorte resepte:

Resep: Biltong-en-sampioenrisotto

Biltong-en-sampioenrisotto (Foto: Lapa-uitgewers)

Risotto is die deftigste van alle tipes rys en dit verhef onmiddellik jou dis!

Lewer 4 porsies
Bestanddele

  • 75 ml botter
  • 1 ui, gekap
  • 2,5 ml gekapte vars knoffel
  • 125 g (½ pakkie) sampioene, afgevee en in skyfies gesny
  • 250 ml arboriorys
  • 500 ml warm beesvleisaftreksel
  • 60 ml witwyn
  • ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 375 ml gekerfde biltong
  • knippie peper

Metode

  1. Smelt die botter en soteer die ui, knoffel en sampioene tot die sampioene sag is.
  2. Roer die rys by totdat die rys goed met botter bedek is.
  3. Meng die aftreksel en witwyn. Voeg ’n bietjie warm aftreksel by die rys. Laat prut dit oor lae hitte tot al die aftreksel geabsorbeer is. Voeg nog warm aftreksel by en laat prut weer. Hou so aan tot al die aftreksel bygevoeg is.
  4. Voeg die soetrissie, biltong en peper by wanneer die laaste aftreksel bygevoeg word en laat dit nog 10 minute lank oor lae hitte prut.
  5. Sit dit dadelik voor.

Bron: Beste uit Vrouekeur 1 deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.