Soorte resepte:

Resep: Biltong, groenvye en roketslaai

Biltong, groenvye en roketslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Slaai hoef nie net uit blaarslaai en komkommer te bestaan nie!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 groot stuk natterige biltong (dit moet binne nog rooi wees)
  • 1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
  • 15 ml komynsaad
  • 15 ml olyfolie
  • 8 vars of ingelegde groenvye
  • 2 hande vol vars roketblare

Metode

  1. Sny die biltong met ’n skerp mes in diagonale skywe en panbraai vir ’n paar sekondes saam met die knoffel en komynsaad in die olyfolie. Maak die biltong net deurwarm – nie gaar nie. Proe en geur met sout indien nodig. Hou eenkant.
  2. Breek die vye middeldeur en meng met die roketblare en warm biltong. Sit dadelik voor.

Resep: Lekker & vinnig: Biltonggeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.