Slaai hoef nie net uit blaarslaai en komkommer te bestaan nie!
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 1 groot stuk natterige biltong (dit moet binne nog rooi wees)
- 1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
- 15 ml komynsaad
- 15 ml olyfolie
- 8 vars of ingelegde groenvye
- 2 hande vol vars roketblare
Metode
- Sny die biltong met ’n skerp mes in diagonale skywe en panbraai vir ’n paar sekondes saam met die knoffel en komynsaad in die olyfolie. Maak die biltong net deurwarm – nie gaar nie. Proe en geur met sout indien nodig. Hou eenkant.
- Breek die vye middeldeur en meng met die roketblare en warm biltong. Sit dadelik voor.
Resep: Lekker & vinnig: Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa