Soorte resepte:

Resep: Biltong-pastapotjie

Biltong-pastapotjie (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié pasta kan oor die vuur óf op die stoof gemaak word.
Lewer 12 porsies

Bestanddele

  • 1,75 liter kookwater
  • 410 g (1 blik) tamatiepuree
  • 2 beesaftrekselblokkies
  • 5 ml sout
  • 5 ml droë pietersielie
  • 4 uie, gekap
  • 1 groen soetrissie, gekap
  • olie vir braai
  • 750 g pasta (macaroni of skulpies)
  • 250 ml room
  • 250 g sampioene, afgevee en in skyfies gesny
  • 400 g biltong, gekerf
  • 300 g (750 ml) gerasperde kaas

Metode

  1. Berei die sous deur die eerste vyf bestanddele saam te meng. Hou dit eenkant.
  2. Braai die uie en soetrissie in ’n bietjie olie in ’n driepootpot oor matige kole.
  3. Gooi die pasta in ’n hopie bo-op en giet die sous bo-oor.
  4. Laat dit 30 minute prut.
  5. Voeg die room, sampioene, biltong en kaas by en roer deur.
  6. Laat prut dit oor lae hitte tot alles gaar is.

Bron: Vinnig & lekker: Biltonggeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Zettie ·

o jene dit klink lekker!!!!! ek kan my voorstel dat mens wors of maalvleis ook kan gebruik…..sal seker net die soutverhouding moet aanpas dan.

Wanda ·

Oe ja,nou gee jy my n idee oor die mince.Ek is mal oor al die kos resepte.Het gisteraand die vark worsie gereg gemaak en laas week die wors gereg,baie lekker.Maak gereeld die melktert resep ook

humor ·

Nee so gaan ek wragtig nie my lekker vet bees – en elandbiltong so mors nie. Nee ek sit en kerf my biltong in rustigheid met my flymskerp knipmes. Hou nie daarvan om gekerfte koop nie. dit is net minder lekker en dit raak te gou op.

Bloudrom ·

Dis n lekker dis. Ons maak dit gereeld maar sonder die tamatie puree en die sousblokkies. n Mens wil.mos darem die biltong proe.

Martie Ferreira Muller ·

Lekker Resepte maar ek word nie aanvaar nie. Hoekom??????

Tersia ·

Ek het hierdie resep sommer gisteraand gemaak. Jissie dit was rêrig baie lekker…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.