Soorte resepte:

Resep: Biltonghappies

Biltonghappies (Foto: Lapa Uitgewers)

Botter jou brood aan albei kante vir dié smullekker biltonghappies.

Lewer 24 porsies

Bestanddele

  • 5 snye brood (wit- of bruinbrood)
  • botter of margarien, vir smeer
  • soutige broodsmeer (bv. Marmite of Bovril)
  • 250 ml fyngerasperde biltong (poeier)
  • 24 soutbeskuitjies (van jou keuse)

Metode

  1. Smeer die brood aan albei kante met botter of margarien en vleisekstraksmeer.
  2. Druk 4 sirkels, so groot soos die soutbeskuitjies, uit elke sny brood.
  3. Druk ‘n soutbeskuitjie tussen twee stukkies brood vas en rol die happies in die biltong.

Bron: Lekker & Vinnig: Kosblikkos (Uit: Smul sonder sukkel deur Olga Wall)
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lakemalawi ·

en waar gaan jy ‘n soutsmeer kry, Marmite en Bovril is van die mark af? So ook ons gunsteling fish paste?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.