Soorte resepte:

Resep: Biltongmuffins met stingeluie

Biltongmuffins met stingeluie (Foto: Lapa-uitgewers)

Maklik, lekker en perfek vir ʼn kosblik.
Lewer 12 muffins

Bestanddele

  • 500 ml / 240 g bruismeel
  • 250 ml / 50 g All Bran-vlokkies
  • 5 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 5 ml paprika
  • 1 ml varsgemaalde swartpeper
  • 100 g gerasperde of poeierbiltong
  • 45 g stingeluie, gekap
  • 50 g fetakaas, gekrummel
  • 30 ml olyfolie
  • 200 ml ongegeurde laevet jogurt
  • 2 middelslag eiers
  • 100 ml water
  • 20 ml aangemaakte mosterd

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °
  2. Meng die bruismeel, All-Bran, bakpoeier, sout, paprika, swartpeper en biltong en roer die stingelui en fetakaas by.
  3. Gooi die olyfolie, jogurt en eier in ʼn maatkoppie. Vul die vloeistof met water aan tot 400 ml. Voeg die mosterd by en klits dit tot gemeng.
  4. Voeg die jogurtmengsel by die meelmengsel en roer dit tot net gemeng.
  5. Skep dit in 12 gesmeerde muffinpannetjies en bak vir 25 minute.

Bron: Min moeite deur Hilda Lategan

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.