Soorte resepte:

[Resep] Blou Bul-biltongpotjie

Boubul-potjie

Blou Bul-biltongpotjie. Foto: Lekker & Vinnig Biltonggeregte

Jy hoef vir geen besondere rugbyspan te skree om hierdie potjie te geniet nie, maar ons vermoed dit smaak beter as jy nie die Blou Bulle ondersteun nie …

(Uit: Eet saam, GKSA)

Lewer 10-12 porsies

Bestanddele:

  • 3 uie, gekap
  • 250 g sampioene, afgevee en in skyfies gesny
  • olyfolie vir braai
  • geurselsout
  • 250 g spekvleis, gekap
  • 250 g frankforter-wors, gekap
  • 250 g kaasworsies, gekap
  • 250 g skroefnoedels
  • 1,5 liter kookwater
  • 1 kg biltong in 1 cm-blokkies gesny
  • 410 g (1 blik) pitmielies
  • 3 soetrissies, gekap
  • 250 g (625) ml gerasperde kaas
  • 500 ml room

Metode:

  1. Braai die uie en die sampioene in olyfolie in ʼn potjie. Geur dit met geurselsout.
  2. Voeg die spekvleis by en braai 2 minute.
  3. Voeg die worsies by en braai 5 minute.
  4. Voeg die skroefnoedels en die kookwater by. Roer deur. Maak die pot toe en kook 20 minute.
  5. Voeg die biltong, pitmielies en soetrissies by.
  6. Sit die deksel op, prut 5 minute en roer dit deur. Sorg dat dit nie droogkook nie.
  7. Verwyder van hitte. Voeg die kaas en room by en laat 5 minute staan.
  8. Sit dit met mengelslaai

Bron: Lekker & Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
humor

Lyk maar na n trapsel. Is daar nie nog bestandele wat by gegooi kan word nie. Boonop nog vrek duur ook.

Meisie van Avignon

Kon hulle nie maar ‘n beter foto geneem hetnie? Lyk regtig nie aangenaam nie.

Annie

Kos lyk soos die span – sleg !!! sal dit beslis nie maak nie.

Dawie

Stem saam lyk maar ‘n mismoedige spul. Google gerus “Toks vd Linde” se biltong pot. Hy het dit eenkeer vir Pasella die tv program gemaak. Dit is hoe ‘n biltong potjie moet wees. ;-)

Interessant!

Sjoe, dit lyk darem lekker!!! Saam met ‘n ou lekker krummel-pappie of stampmielies gaan dit vorentoe smaak. Mens kan tog sekerlik van die bestanddele vervang met ietsie anders – vir die mense wat dan nou so neus optrek vir dit????? Klem lê op vinnig en maklik!