Soorte resepte:

Resep: Bloukaas-buffelburger

Bloukaas-buffelburger (Foto: Byt & Buskruit)

Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit die vyfde episode van reeks 2.

Bestanddele:

  • rugstring van ’n buffel
  • “brisket”-vet
  • fyn peper
  • pienk seesout
  • braaispeserye
  • perskeblatjang
  • Worcestersous
  • fyngekapte uie
  • bruinbroodmeel (kan ook murg gebruik as bindmiddel)
  • bloukaas
  • fetakaas
  • mozzarellakaas
  • botter
  • sonneblomolie
  • varsgebakte broodrolletjies
  • kaassous
  • tamaties
  • blaarslaai

Metode:

  1. Maal die rugstring van die buffel fyn saam met stukke “brisket”-vet (beesborsvleisvet).
  2. Rol dan ’n handvol vleis oop op ’n houtblad.
  3. Voeg die volgende bestanddele na smaak by die wildsvleis:
  • fyn peper
  • pienk seesout
  • braaispeserye
  • perskeblatjang
  • Worcestersous
  • fyngekapte uie
  • bruinbroodmeel of murg
  1. Meng die speserye en ander bestanddele goed deur die gemaalde buffelvleis.
  2. Skep dan ʼn hand vol buffelvleis en druk dit saam in ’n koeëlronde sirkel, soortgelyke aan ’n groot frikkadel.
  3. Maak ʼn holte in die middel van die vleis met jou vinger.
  4. Plaas nou die fyngemaakte stukkies bloukaas, feta en gerasperde mozzarella in die holte van die vleis. Maak dan die holte toe met ’n ekstra stukkie buffelvleis.
  5. Druk nou die ronde sirkel buffelvleis in die vorm van ’n hamburger patty.
  6. Plaas die patty vir 30-40 minute in die yskas om te rus en te bind.
  7. Haal uit die yskas en braai dit in ʼn braaipan oor ʼn louwarm vuur tot medium gaar.
  8. Bedien op ʼn varsgebakte broodrolletjie met blaarslaai, tamatie en ’n heerlike tuisgemaakte kaassous.

Bron: Byt & Buskruit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.