Soorte resepte:

Resep: Bobotie­panne­koek­bakkies

Boboriepannekoekbakkies (Foto: Lapa-uitgewers)

Suid-Afrikaners is gaande oor pannekoek en bobotie. Waarom nie sommer dié twee saamvoeg nie?

Bestanddele

BOBOTIE

  • kookolie
  • 1 ui
  • knoffel
  • 400 g beesmaalvleis
  • 125 ml rosyne
  • 1 t (5 ml) matige kerriepoeier
  • 45 ml blatjang
  • 3 ml borrie
  • 1 sny brood
  • sout en peper na smaak
  • 50 ml Clover-volroommelk

KORS

  • 375 ml Clover-volroommelk
  • 4 eiers, geklits
  • 6 lourierblare

PANNEKOEKBAKKIES

  • 6 x klein, bevrore, gaar winkelpannekoeke, ontvries

 

Metode

BOBOTIE

  1. Sny die brood se korsies af en week die brood in sowat 50 ml melk. Druk die melk uit en maak die brood fyn. Soteer die ui en knoffel in kookolie tot die ui deursigtig is. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg speserye, blatjang en brood by en meng goed. Laat dit teen ’n lae hitte prut vir sowat 10 minute.

PANNEKOEKBAKKIES

  1. Smeer die holtes van ’n sesholte-muffinpan.
  2. Plaas ’n pannekoek in elke holte. Verdeel vleismengsel tussen die ses holtes van die muffinpan.
  3. Klits die eiers en melk saam. Voeg sout en peper by na smaak. Giet 2 e (30 ml) van die mengsel oor die vleis en plaas ’n lourierblaar in elke bobotiebakkie.
  4. Bak in ’n voorverhitte oond teen 160 °C vir 20 minute of totdat die kors gestol het en die bakkies goudkleurig is. Haal die koppies versigtig uit die muffinpan en dien warm op.

 

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.