Soorte resepte:

Resep: Boeliebief­tert

Boeliebief-tert (Foto: Lapa Uitgewers)

Wanneer die finansies knyp sal hierdie souttertresep met boeliebief handig te pas kom.

Lewer sowat 6 porsies

Bestanddele

  • bietjie olie
  • 1 ui, gekap
  • 2,5 ml vars gekapte knoffel
  • 2 selderystingels, fyngekap
  • 30 ml vars gekapte pietersielie
  • 4 ekstragroot eiers
  • 375 ml vars witbroodkrummels
  • 375 ml melk
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 300 g (1 blik) boeliebief, in blokkies gesny

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die olie en soteer die ui en knoffel daarin tot sag.
  3. Voeg die seldery en pietersielie by en soteer vir nog 3 minute. Verwyder van hitte.
  4. Klits die eiers goed en voeg by die uimengsel.
  5. Voeg die oorblywende bestanddele by en roer tot gemeng.
  6. Skep die mengsel in ʼn oondbak van ongeveer 24 cm x 18 cm groot wat met kossproei gespuit is.
  7. Bak vir 45 minute of tot gestol in die middel.

Bron: Lekker & Gesond: Veselryk deur Hilda Lategan
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AW ·

Laat my terug dink, en so sal baie ander MM lede/lesers ook, ons kon wondere doen met n blikkie boeliebief.

cccp ·

Het julle miskien gekyk wat ‘n blik boeliebeef deesdae kos? Sal miskien goedkoper wegkom met 300g fillet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.