Soorte resepte:

[Resep] Boerekerrie

boerekerrie

Boerekerrie. Foto: Tradisionele Kos

ʼn Bietjie kerrie sal die gestel mos goeddoen, of hoe?

(Uit: Spogresepte, Suid-Afrikaanse Vroue-lLandbou-unie)

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:

  • 15 ml olyfolie
  • 500 g beesbinneboud (topside), in blokkies gesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 3 wortels, in blokkies gesny
  • 2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 375 ml beesvleisaftreksel
  • 15 ml matige kerriepoeier
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 30 ml tamatiesous
  • 5 ml borrie
  • 10 ml mielieblom
  • 60 ml druiweasyn
  • 30 ml sultanas (opsioneel)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. Verhit die olie in ʼn groot kastrol en verbruin die vleis in twee sarsies, maar moenie dit gaarmaak nie. Skep dit uit.
  2. Soteer die ui tot sag en roer die wortels en aartappels by. Verlaag die hitte en roer die vleis en aftreksel by. Verhit dit tot kookpunt, plaas die deksel op en laat prut vir 30 minute. Voeg nog aftreksel by indien nodig.
  3. Meng die res van die bestanddele en roer dit by die vleis. Laat prut die mengsel nog 15 minute of tot die vleis sag is. Roer af en toe. Geur na smaak en sit dit warm voor.

Variasie:

Maalvleis kan ook gebruik word. Laat prut dit vir 15 minute, roer die geurmiddels by en laat prut vir nog 15 minute.

Bron: Lekker en Vinnig – Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dawie ·

Goeie resep. Vervang liewer die tamatiesous met tamatie pasta, tamatiesous kan partykeer ‘n oorweldigende snaakse smaak gee aan ‘n resep. Vir die lekker sit bietjie knoffel by.

Landi Slatter ·

Dagsê Martie

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.
Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Dawie ·

@Martie, indien jy Firefox gebruik, kliek op “View” en dan kies “Reader View” die bladsy sal verander dan kan jy na hartelus “Copy en Paste” ens. Dit help nie eintlik veel om hierdie funksies te probeer keer nie daar is baie maniere om dit te omseil. Google dit maar gerus.

Anida ·

Stowevleis van die bene afgesny maak baie lekkerder kerrie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.