Soorte resepte:

[Resep] Boereworspastei

Worspastei

Boereworspastei Foto: Laat die potte sing

ʼn Eenvoudiger resep sal jy nie sommer kry nie – en dit is die ware Jakob van ʼn worsrol.

Bestanddele:

  • 1 kg boerewors
  • 2 x 400 g-pakkies skilferkorsdeeg

Metode:

  1. Braai die boerewors in ’n pan of op ’n rooster oor die vuur tot gaar.
  2. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180 ˚C en smeer ’n bakplaat.
  3. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sny groot genoeg reghoeke uit die deeg sodat die worslengtes daarin kan pas, maar nie te groot nie, want jy wil nie net ʼn klomp deeg hap nie.
  4. Sny die wors in dieselfde lengtes as ’n gewone worsrol. Vou die deeg om die wors en verf ’n bietjie eiergeel oor die deeg. Bak tot goudbruin en gaar.
  5. Maak ʼn tamatiesmoortjie wat jy saam met die afsonderlike worspasteie kan voorsit.

Bron: Laat die potte sing
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.