Soorte resepte:

Resep: Bosvarkhamslaai

Bosvarkhamslaai (Foto: Verskaf)

Dít is nou ʼn ander tipe slaai!

Bestanddele

  • 70 g bosvarkham, in dun repies gesny
  • 100 g blaarslaai
  • 1 tamatie, in blokkies gesny
  • 1 eetlepel (15 g) growwe sout
  • 1 eetlepel (15 g) peperkorrels
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 eetlepels (30 ml) olyfolie

Metode

  1. Rangskik die bosvarkham in ’n bord.
  2. Breek die blaarslaai in stukkies en plaas dit in die bord, gevolg deur die tamatie.
  3. Sprinkel die sout, peper en suurlemoensap oor die slaai.
  4. Rond die dis af deur die olyfolie bo-oor die slaai te sprinkel.

 

Forel in ’n kombersie (Foto: Verskaf)

Forel in ’n kombersie

Bestanddele

  • 1 forel
  • 20 g tiemie, fyngekap
  • 500 g growwe seesout
  • 5 eetlepels (75 ml) olyfolie
  • 1 eetlepel (15 ml) growwe sout
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 eetlepel (15 ml) growwe peper

Metode

  1. Meng dieseesout saam in ’n mengbak, en meng die olyfolie daarby in (die olie dien as bindmiddel).
  2. Vlek die forel oop en sny repies in die forel se vel (weerskante). Bewerk die vis dan met die growwe sout en daarna die knoffel en peper.
  3. Vou ’n groot stuk foelie in die vorm van ’n bak en bedek die bodem daarvan met die seesout-olie-en-tiemiemengsel om ’n soutbed te vorm.
  4. Laat lê die forel op die soutbed en bedek dan die bokant van die forel verder met die soutmengsel.
  5. Bedek die forel dan met nog ’n laag foelie, en maak seker dat die foelie aan alle kante seël.
  6. Plaas die forel op die vuur. Verwyder die forel van die vuur sodra daar stoom uit die foelie begin trek.
  7. Dien saam met die bosvarkhamslaai op.

Kyk die voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledige episode hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.