Resep: Dawid se boerewors met kersietamaties

Dawid se boerewors met kersietamaties (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie is ʼn kleurvolle en gesonde gereg wat maklik is om aanmekaar te slaan.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • olyfolie vir braai
  • 500 g boerewors
  • 500 g ryp kersietamaties van verskillende kleure
  • 4 takkies elk vars tiemie en roosmaryn
  • 15 ml droë oreganum
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 30 ml balsamiese asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4-8 snye vars brood

Metode

  1. Verhit ’n paar druppels van die olyfolie oor matige hitte en braai die wors tot gaar.
  2. Skep die wors uit en plaas die tamaties, kruie, knoffel en asyn in die pan. Plaas die deksel op en prut vir ’n paar minute.
  3. Haal die deksel af en prut vir nog 10-15 minute of tot die tamatiesous ’n bietjie afgekook en verdik het.
  4. Plaas die wors terug in die pan met die tamaties, geur na smaak en prut tot die wors deurwarm is.
  5. Sit die wors en tamatiemengsel met vars brood voor.

Bron: Proe Pretville deur Leana Pool

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae