Soorte resepte:

Resep: Deon se Coke-blikkie-hoender

Foto ter illustrasie (Foto: The Digital Marketing Collaboration/Unsplash)

Maroela-leser Amy Willers het dié hoenderresep ingestuur en sy noem dit “Deon se Coke-blikkie-hoender”.

Amy vertel: “Deon hou van braai en om iets nuuts te probeer. Nadat hy die bierblikkie‑hoenderresep gesien het, het hy besluit om dit aanpas en sy eie ding met ʼn blikkie Coke te probeer. Die resultaat was smullekker!”

Bestanddele

  • Een heel rou hoender
  • Sout na smaak
  • Olyfolie
  • Gemengde kruie
  • Ina Paarman-hoenderspeserye
  • 1 blikkie Coke

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ºC.
  2. Maak die hoender skoon, strooi sout in die binnekant en vryf goed in.
  3. Vryf die buitekant van die hoender goed in met die olyfolie.
  4. Meng kruie en speserye saam en gooi bo-oor die hoender. Vryf dit goed in.
  5. Gooi helfte van die Coke uit. Die blik moet net half vol wees anders kook dit  oor.
  6. Druk hoender met agterkant oor die blik se opening. Maak hoender staan op vlak bakskottel wat met foelie bedek is.
  7. Plaas hoender nou mooi regop in die oond en bak vir 90 minute.

Die resultaat? “ʼn Heerlike en sappige hoender,” sê Amy.

WENK: Jy kan hierdie hoender ook vir 90 minute teen 200 ºC in ʼn Weber-ketelbraai gaarmaak.

Stuur jou lekker resep hier aan ons.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.