Soorte resepte:

Resep: Dik groentesop

Dik groentesop (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie sop is propvol vesel.
Lewer 10 porsies

Bestanddele

  • 850 g sopgroente (sien wenk)
  • 125 g maer gemaalde bees- of volstruisvleis
  • 100 g rou pêrelgort of 4-in-1-sopmengsel
  • 100 g gesplete ertjies of 4-in-1-sopmengsel
  • 2,5 ℓ kookwater
  • 410 g blik gebakte bone in tamatiesous
  • sout na smaak
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Spoel die sopgroente af en kap, kerf of rasper soos nodig. Gebruik ʼn groot kastrol met deksel en plaas die voorbereide groente, maalvleis, gort, ertjies en 1,5 ℓ kookwater daarin. Verhit dit tot kookpunt en laat vir 1 uur prut tot geurig en gaar.
  2. Voeg die oorblywende 1 ℓ kookwater en gebakte bone by die sop en verhit weer tot kookpunt. Geur dit met sout en peper.
  3. Bedien met volgraan- of saadbrood.

Wenk: Hierdie resep is gemaak met ʼn samestelling van 125 g selderystingels en -blare, 100 g preie of uie, 2 groot rape, 2 groot geelwortels en ʼn paar takkies pietersielie.

Bron: Lekker & gesond: Veselryk deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae