Soorte resepte:

Resep: Dim sim

Dim sim (Foto: Lapa-uitgewers)

Dim sim verwys na ʼn Kantonnese kosstyl waarin klein happiegrootte of individuele porsies gestoomde kospakkies tradisioneel in klein stoommandjies voorgesit en saam met tee bedien word.
Lewer 10

Bestanddele

  • 500 g seekos (garnale en forel in hierdie resep), gekap
  • 2 eierwitte
  • 5 ml sesamolie
  • 1 ml “Chinese Five”-speserye
  • geurmiddel
  • 1 wortel, gerasper
  • 1 pakkie dim sim-velle
  • piesang- of kropslaaiblare om in te stoom

Grondboontjiebottersous (opsioneel)

  • 150 ml korrelrige grondboontjiebotter
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 rissie, fyngekap
  • 5 ml sojasous
  • 15 ml heuning
  • 5 ml lemoenskil, in dun repies gesny
  • 5 ml lemoensap
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Kombineer die gekapte garnaal- en forel met een van die geklopte eierwitte en die oorblywende bestanddele, behalwe die dim sim-velle.
  2. Meng goed en voeg ’n bietjie meer eierwit by indien nodig, om ’n vogtige, maar nie deurweekte mengsel nie te verkry.
  3. Plaas sowat 10 velle op ’n skoon werkoppervlak en skep ’n teelepelvol van die mengsel in die middel van elke vel.
  4. Verf die oorblywende eierwit aan die rand van die velle.
  5. Draai die vulsel in die velle toe en seël die ente soos in die bygaande foto.
  6. Stoom die dim sims sowat 10-15 minute lank oor kookwater in ’n bamboesstomer wat met piesang- of kropslaaiblare uitgevoer is. Laat ruimte vir uitswel toe.

Grondboontjiebottersous (opsioneel)

  1. Meng al die bestanddele saam om ’n dik smeer te vorm. As die smeer te dik is, kan jy ’n bietjie water byvoeg.

Bron: Die Suid-Afrikaanse vis-en-seekoskookboek

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.