Hierdie is maklike resep wat jou sak sal pas.
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 1 x 200 g-houer Spaanse geur gegeurde rys
- 10 ml botter of margarien
- 1 ui, gekap
- 5 ml vars knoffel, gekneus
- 1 x 500 g-pak Weense worsies, in ringe gesny
- 1 x 410 g-blik ertjies, gedreineer
Metode
- Kook die rys soos op die verpakking aangedui en hou eenkant.
- Smelt die botter of margarien in ʼn vlak pan en soteer die ui en knoffel vir ongeveer 2 minute.
- Voeg die Weense worsies by en braai 1 minuut. Roer die worsiemengsel by die gaar rys en voeg die ertjies by. Sit warm voor met ʼn groenslaai of gemengde groente.
Bron: Smul sonder sukkel deur Olga Wall
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Dié klink baie soos my 100 meterresep. Maak die rys en gebruik enige vleiserigheid binne 100 meter vir die aanvulling. Gister se oorbly vleis of braaivleis of selfs bully beef wat reg getoor is haal die paal in my boek.