Soorte resepte:

Resep: Eend se maklike macaroni-en-kaas

(Foto: Pixabay)

Maroela Media-leser Mike Bessinger sê sy vrou, Eend, het hierdie resep by haar oorlede ma (Mesie Grobbelaar) en ouma (Lenie Britz) gekry.

“Afgesien daarvan weet ons nie veel van die oorsprong nie, maar ons weet vyf dinge vir seker,” sê Bessinger.

  • Dis baie vullend.
  • As jy ’n lui huisvrou of huisman is, dan is dit ideaal om op ’n Saterdag te kook en dan die hele week aan die vullende oorskiet te smul.
  • Dis die ideale manier om oorskietkos weer te gebruik.
  • Die resep kan gevarieer word na smaak en is nie net vir karnivore nie. Van die variasies is vegetaries.
  • Met soveel variasies kan die resep nooit vervelig raak nie.

Stuur vir ons jou familieresep hier!

Bestanddele

  • 1 kooksel macaroni
  • 1 of meer kooksels groente na smaak (of ’n blikkie of oorskietkos)
  • 1 kooksel maalvleis (opsioneel)
  • gebraaide sampioene na smaak
  • gerasperde kaas na smaak
  • 1 eier, geklits
  • Al die bestanddele kan vooraf gekook word.

Metode

OONDMETODE

  1. Sit macaroni in ’n oondvaste bak en meng groente, maalvleis en sampioene in. Maak gelyk bo-op, strooi kaas bo-oor en verf eier bo-oor. Steek in oond tot kaas gesmelt en eier gaar en bruin is. Sit warm of koud voor.

MIKROGOLFMETODE

  1. Volg oondmetode en gebruik ’n mikrogolfbak. Mikrogolf op hoog vir omtrent 30 sekondes tot kaas gesmelt en eier gaar en bruin is. Sit warm of koud voor.

STOOFMETODE

  1. Meng bestanddele in ’n groot kastrol. Meng kaas en eier in en kook vir ’n paar minute tot eier gaar is. (Eier is opsioneel vir hierdie metode.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.