Maroela Media-leser Mike Bessinger sê sy vrou, Eend, het hierdie resep by haar oorlede ma (Mesie Grobbelaar) en ouma (Lenie Britz) gekry.
“Afgesien daarvan weet ons nie veel van die oorsprong nie, maar ons weet vyf dinge vir seker,” sê Bessinger.
- Dis baie vullend.
- As jy ’n lui huisvrou of huisman is, dan is dit ideaal om op ’n Saterdag te kook en dan die hele week aan die vullende oorskiet te smul.
- Dis die ideale manier om oorskietkos weer te gebruik.
- Die resep kan gevarieer word na smaak en is nie net vir karnivore nie. Van die variasies is vegetaries.
- Met soveel variasies kan die resep nooit vervelig raak nie.
Stuur vir ons jou familieresep hier!
Bestanddele
- 1 kooksel macaroni
- 1 of meer kooksels groente na smaak (of ’n blikkie of oorskietkos)
- 1 kooksel maalvleis (opsioneel)
- gebraaide sampioene na smaak
- gerasperde kaas na smaak
- 1 eier, geklits
- Al die bestanddele kan vooraf gekook word.
Metode
OONDMETODE
- Sit macaroni in ’n oondvaste bak en meng groente, maalvleis en sampioene in. Maak gelyk bo-op, strooi kaas bo-oor en verf eier bo-oor. Steek in oond tot kaas gesmelt en eier gaar en bruin is. Sit warm of koud voor.
MIKROGOLFMETODE
- Volg oondmetode en gebruik ’n mikrogolfbak. Mikrogolf op hoog vir omtrent 30 sekondes tot kaas gesmelt en eier gaar en bruin is. Sit warm of koud voor.
STOOFMETODE
- Meng bestanddele in ’n groot kastrol. Meng kaas en eier in en kook vir ’n paar minute tot eier gaar is. (Eier is opsioneel vir hierdie metode.)
Klink na my tipe kos! Dankie vir die deel! :)