Soorte resepte:

Resep: Garnaalpasta met tamatie en basielkruid

Garnaalpasta met tamatie en basielkruid (Foto: Lapa-uitgewers)

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 6 jongtamaties
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • olyfolie
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • ½ suurlemoen se skil
  • ¼ suurlemoen se sap
  • 1 e balsamiese asyn
  • ½ k droë rooiwyn
  • ½ k room
  • 400 g garnale (gevries of vars, sonder skulp en aar)
  • hand vol jongspinasie, fyn gekap
  • 100 g ricotta
  • vars basielkruidblare

Metode

  1. Sny die jongtamaties in die helfte en braai saam met die knoffel in olyfolie in ’n diep braaipan. Voeg die tamaties by en laat dit vir 2 minute prut.
  2. Voeg die suurlemoenskil en -sap, balsamiese asyn en rooiwyn by. Laat vir 5 minute prut om die sous effe af te kook. Voeg die room by en laat vir nog 2 minute prut.
  3. Plaas die garnale in die sous, plaas die deksel op die pan en kook vir 5-8 minute. Roer af en toe. Maak seker die garnale is deeglik gaar (dit sal pienk word sodra dit gaar is).
  4. Strooi die gekapte spinasie by en roer.
  5. Sit voor op ’n bed zucchini-linte.
  6. Krummel laastens die ricotta bo-oor en garneer met vars basielkruidblare.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.