Soorte resepte:

Resep: Gebakte bees-en-sampioenfrikkadelle

Gebakte bees-en-sampioenfrikkadelle (Foto: The South African Mushroom Farmers’ Association)

Frikkadelle met tamaties, gerookte paprika en suurroom.

Genoeg vir 4-6 mense

Bestanddele

FRIKKADELLE

  • 250 g beesmaalvleis
  • 250 g groot bruin sampioene, gemaal
  • 90 g vars broodkrummels
  • 45 ml vars pietersielie, gekap
  • 1 eier, geklits
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 15 ml olie

SOUS

  • 1 blik tamatie-en-uiesmoor
  • 250 ml beesvleisaftreksel
  • 15 ml tamatiepasta of songedroogdetamatiepasta
  • 5 ml gerookte paprika
  • 1 geroosterde geelrissie, in skyfies gesny
  • sout en vars gemaalde swartpeper

VIR OPDIENING

  • suurroom
  • gerookte paprika
  • oreganum of tiemieblare
  • kapokaartappels en groente volgens die seisoen

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng al die bestanddele, behalwe die olie, in ʼn mengbak.
  3. Vorm lepelgrootte frikkadelle met jou meelbestrooide hande.
  4. Verhit die olie in ʼn pan en verbruin die frikkadelle alkante.
  5. Sit die frikkadelle in ’n oondvaste kasserol.
  6. Meng al die sousbestanddele en giet oor die frikkadelle. Geur met sout en peper.
  7. Bedek en bak vir 20-25 minute in die oond.
  8. Versier met ʼn krul suurroom, ’n bietjie gerookte paprika en oreganum.
  9. Bedien met kapokaartappels en groente volgens die seisoen.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Juls ·

So ‘n gelukkie! Ek het al die bestandele handig en maak dit sommer vannaand!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.