Soorte resepte:

Resep: Gebakte boerewors-gereg

Gebakte boerewors-gereg (Foto: Lapa-utgewers/Onthoukos)

ʼn Ou gunsteling vir ʼn koue wintersdag.
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 500 ml (2 k) bruismeel
  • 5 ml (1 t) mosterdpoeier
  • knippie rooipeper
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 250 ml (1 k) Clover-mozzarellakaas, gerasper
  • 250 ml (1 k) Clover Amasi
  • 312 ml (1¼ k) Clover-volroommelk
  • 100 g (1/5 blok) Clover Mooirivier-botter, gesmelt
  • genoeg Clover Mooirivier-botter vir smeer
  • 2 uie, fyn gekap
  • 600 g beesvleis-boerewors
  • handvol vars pietersielie, fyn gekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sif die bruismeel, mosterdpoeier, rooipeper en sout saam in ’n groot genoeg mengbak.
  3. Roer die mozzarellakaas daarby in en roer tot die kaas goed met meel bedek is.
  4. Roer die Amasi en melk tot goed gemeng. Roer die gesmelte botter daarby.
  5. Meng die melkmengsel by die meelmengsel tot ’n deeg.
  6. Skep die deeg in ’n oondvaste bak met ’n deursnee van 22 cm wat met botter gesmeer is.
  7. Smelt genoeg botter en soteer uie in botter tot sag.
  8. Voeg die boerewors by en soteer vir 7 minute tot verbruin buiteom. Die wors hoef nie gaar te wees nie.
  9. Sprinkel pietersielie bo-oor en roer deur.
  10. Druk die uie en wors halfpad in die deeg.
  11. Bak vir 35 tot 40 minute of tot liggoudbruin bo-op.
  12. Sit warm voor.

Bron: Trooskos

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.