Soorte resepte:

Resep: Gebakte boereworsgereg

Gebakte boereworsgereg. (Foto: Lapa Uitgewers)

Boerewors is toe nou nie net vir die braaivleisvuur nie.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 500 ml (2 k) bruismeel
  • 5 ml (1 t) mosterdpoeier
  • Knippie rooipeper
  • 2,5 ml sout
  • 250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
  • 250 ml (1 k) Amasi
  • 312 ml (1 ¼ k) volroommelk
  • 100 g botter, gesmelt
  • Genoeg botter vir smeer
  • 2 uie, fyngekap
  • 600 g beesvleis-boerewors
  • Handvol vars pietersielie, fyngekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
  2. Sif die bruismeel, mosterdpoeier, rooipeper en sout saam in ʼn groot mengbak.
  3. Roer die mozzarellakaas daarby en roer tot die kaas goed met meel bedek is.
  4. Gooi die Amasi en melk bymekaar, en roer tot goed gemeng. Roer die gesmelte botter daarby.
  5. Meng die melkmengsel by die meelmengsel tot ʼn deeg.
  6. Skep die deeg in ʼn oondvaste bak met ʼn deursnee van 22 cm wat met botter gesmeer is.
  7. Smelt genoeg botter en soteer uie in botter tot sag.
  8. Voeg die boerewors by en soteer vir 7 minute tot buiteom verbruin. Die wors hoef nie gaar te wees nie. Sny die boerewors in sowat agt stukke.
  9. Sprinkel pietersielie bo-oor en roer deur.
  10. Druk die uie en wors in die lengte in die deeg, eweredig verspreid oor die bak. Dit moet nog ʼn entjie uitsteek (sien foto).
  11. Bak vir 35 tot 40 minute tot liggoudbruin bo-op.
  12. Sit warm voor.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.