Soorte resepte:

[Resep] Gebakte Marokkaanse hoender

Foto: Lekker en Vinnig

Gebakte Marokkaanse hoender. Foto: Lekker en Vinnig

Merguez is ‘n sterk-gekruide Marokkaanse lamswors, met paprika, rissievlokkies en komyn gegeur. Gebruik enige gekruide lamswors; andersins kan bloot effens meer van die speserye bygevoeg word.

Lewer 8-10 porsies

Bestanddele:

  • 5 ml saffraandraadjies
  • 430 ml warm hoenderaftreksel
  • 820 g (2 blikke) kekerertjies, gedreineer
  • 12 hoenderporsies, byvoorbeeld dytjies en boudjies
  • 500 g gekruide lamswors (Merquez), in 5 cm-Iengtes gesny
  • 3 rooi of geel soetrissies, ontpit en in repe gesny
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 60 ml olyfolie
  • 15 ml fyn knoffel
  • 15 ml fyn paprika
  • 2,5 ml fyn rooipeper (opsioneel)
  • 5 ml fyn komyn
  • 10 ml fyn koljander
  • 45 ml fyngekapte vars koljanderblare, van die stingel gestroop
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C
  2. Week die saffraan vir 15 minute in die warm hoenderaftreksel.
  3. Plaas die kekerertjies in ʼn vergiettes en spoel onder koue water af.
  4. Pak die hoender en wors in ʼn oondvaste bak en strooi die kekerertjies, soetrissies en ui oor die vleis.
  5. Roer die olyfolie en speserye by die aftreksel en giet oor die vleis en groente.
  6. Strooi die koljanderblare oor, geur met sout en peper en bak vir 45-55 minute.
  7. Sit warm of teen kamertemperatuur met jogurt, basmati-rys of pitabrood voor.

Bron: Lekker en Gesond
Uitgewer: Lapa
Oorspronklik gepubliseer in Kombuis, Sonia Cabano

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.