Soorte resepte:

Resep: Gebraaide tunabakkie

Gebraaide tunabakkie (Foto: Lapa-uitgewers)

“ʼn Blikkie tuna is nie iets om op neer te kyk nie! Ons almal het ʼn paar blikkies agter in die spens, moet dit nie eens probeer ontken nie. Haal daai blikkie tuna uit en doen iets smaakliks en moeiteloos daarmee,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.

Begin dié week op ʼn vars noot.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • 1 bruinui, fyn gekap
  • botter
  • 2 groot wortels, gekap
  • 1 k ertjies
  • rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 2 k jongspinasie
  • 2 blikkies (2 x 170 g) tuna (kies die tuna in soutwater eerder as in sonneblomolie)
  • selderysout
  • varsgemaalde peper
  • 2 e roomkaas
  • vars pietersielie

Metode

  1. Braai die gekapte ui in die botter in ʼn groot braaipan oor hoë
  2. Voeg die gekapte wortels, ertjies en rooi soetrissie by en braai vir 2 minute.
  3. Voeg die jongspinasie by en braai tot verwelk.
  4. Maak die blikkies tuna oop. Gooi die soutwater in ʼn piering en voer dit vir jou kat of hond, hulle is mal daaroor.
  5. Voeg die tuna by jou groente in die braaipan en braai. Geur met selderysout en varsgemaalde peper en meng goed deur.
  6. Dien op in twee wit bakkies en plaas 1 eetlepel roomkaas bo-op vir die finale afwerking. Garneer met varsgekapte pietersielie.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Netta ·

Moet asseblief nie die soutwater vir jou hond of kat gee nie, dit is uiters ongesond.

thea ·

ek gebruik die tuna in water vir slaai(koue) geregte.
die tuna in olie werk beter in braai geregte, gebruik die olie om uie en sampioene te braai
die vleis van die tuna is ook meer dikker en raak nie weg in die gereg nie soos die water tuna nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.