Soorte resepte:

Resep: Gemmerhoender

Gemmerhoender (Foto: Lapa-uitgewers)

Probeer ʼn slag nuwe geure saam met jou hoender!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 1 middelslag hoender, in porsies gesny
  • sout, peper en hoenderspeserye en -kruie na smaak (soos roosmaryn of tiemie)
  • 25 ml olie
  • 2 groot uie, gekap
  • 2 soetrissies, ontpit en gekap
  • 3-4 appels of pere, ongeskil en in stukkies gesny
  • 30 ml aangemaakte mosterd
  • 175 ml gemmerlimonade
  • 50 ml lemoensap
  • 5 ml mosterdpoeier

Metode

  1. Sprinkel die hoenderporsies met sout, peper, speserye en kruie.
  2. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die hoender aan weerskante tot goudbruin. Skep die hoender uit en soteer die uie, soetrissie en vrugte tot net sag.
  3. Verf die hoenderporsies met aangemaakte mosterd en plaas terug in die kastrol. Meng die res van die bestanddele saam en gooi oor die hoender.
  4. Sit die deksel op en laat prut vir ongeveer 30-40 minute of tot die hoender gaar is. Geur na smaak. Sit warm of koud voor met groente en bruinrys of koring.

Bron: Eenpotgeregte deur An du Plessis

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.