Soorte resepte:

Resep: Gerookte Springbokboud

Gerookte Springbokboud (Foto: Byt en Buskruit)

Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit die vierde episode van reeks 2.

Bestanddele:

  • brandrissies
  • jenewerbessies
  • knoffel
  • uie
  • peper
  • wonderpeper
  • water
  • pekelsout
  • springbokboud

Gerookte Springbokboud (Foto: Byt en Buskruit)

Metode

  1. Maak ʼn mengsel van al die bestanddele afhangend van hoe groot die springbokboud is. Die springbokboud moet ingevryf word met die mengsel en ongeveer twee weke in hierdie pekelsout‑en‑kruiemengsel lê. Dit moet koel gehou word, tussen 2 en 5 grade).
  2. Na twee weke word die boud vir een tot twee dae in ’n koelkamer gehang.
  3. Wanneer die boud uit die koelkamer kom, moet dit vir drie tot vier dae gerook word, elke dag vir omtrent 5 ure.
  4. Hierna sal die boud smaaklik en perfek wees en saam met bykosse geniet kan word.

Resep: Byt & Buskruit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.