Soorte resepte:

Resep: Gerookte vis-taco’s

Gerookte vis-taco’s (Foto: Byt & Buskruit)

Die salsa waarmee hierdie taco’s voorgesit word, het ʼn heerlike byt!

Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit reeks 2.

Bestanddele

GEROOKTE VIS

  • 8 klein visfilette van jou keuse
  • ¼ k olyfolie
  • sout en peper na smaak
  • oreganum na smaak
  • 8 klein taco’s

SALSA

  • 1 fyngekapte rooi ui
  • 2 tamaties in blokkies gesny
  • sout en peper na smaak
  • 3 e wit asyn
  • 4 fyngekapte rissies
  • 3 e mayonnaise
  • brandrissiepoeier na smaak
  • 1 k fyngekapte kool
  • 2 fyngedrukte avokado’s

Metode

GEROOKTE VIS

  1. Smeer olyfolie oor die visfilette.
  2. Strooi sout, peper en oreganum oor die vis aan weerskante.
  3. Rook die vis.
  4. Bou jou taco’s met die vis, salsa en fyngedrukte avokado.

SALSA

  1. Meng die fyngekapte rooi ui, blokkies tamatie, speserye en wit asyn saam.
  2. Voeg die fyngekapte rissies by.
  3. Meng die mayonnaise en brandrissiepoeier saam in ’n aparte bakkie en voeg die fyngekapte kool daarby.

Bron: Byt & Buskruit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.