Skep vandag iets eksoties uit alledaagse bestanddele.
Genoeg vir 4
BESTANDDELE
Geroosterde calamari
- 50 g mielieblom
- 1 e (15 ml) koekmeel
- 2 t (10 ml) varsgemaalde swartpeper
- 1 t (5 ml) growwe seesout
- ½ t (2 ml) rooipeper
- ½ t (2 ml) fyn gemmer
- 300 g calamaribuise
- 200 g inkviskoppe
- 2 e (30 ml) olyfolie
- 1 e (15 ml) botter
Viëtnamese doopsous
- ⅓ k (80 ml) strooisuiker
- 1 k (250 ml) Manhattan Apple Mint Green Iced Tea
- 1 e (15 ml) fyngerasperde vars gemmer
- 1 e (15 ml) Thaise vissous
- 1 e (15 ml) gekapte vars koljanderblare
- 1 t (5 ml) gekapte vars kruisementblare
- sap en fyngerasperde skil van 1 lemmetjie
- 1 rooi brandrissie, dun gesny
METODE
Calamari
- Plaas die mielieblom in ’n bakkie en roer die peper, sout, rooipeper en fyn gemmer by.
- Gebruik kombuispapier om die calamari en inkvis droog te druk.
- Roer die meelmengsel deur sodat die seekos bedek is en skud die ekstra meel af.
- Verhit die olie en botter op ’n plat gietysterplaat of in ’n skottel en wanneer baie warm, braai die calamari en inkvis in sarsies, 2-3 minute aan ’n kant tot gaar en bros.
- Sit dadelik met die Viëtnamese doopsous voor.
Doopsous
- Plaas die suiker en ystee in ’n pannetjie en roer tot suiker opgelos is.
- Verhit tot kookpunt en prut vir 5-7 minute of tot die mengsel effens afgekook het.
- Verwyder van die hitte en laat dit heeltemal afkoel.
- Wanneer koud, roer die oorblywende bestanddele by.
Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa-uitgewers
Twee tot drie minute is heeltemaal te lank. Dit sal so taai wees soos ou skoensole. Braai tussen 30 tot 40 sekondes.