Soorte resepte:

Resep: Geroosterde koedoefilet

Geroosterde koedoefilet (Foto: Byt & Buskruit)

Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit reeks 2.

Bestanddele

  • 1 x 250 g gedroogde vrugte
  • 100 ml brandewyn
  • 1 x 300 g koedoefilet
  • Veld tot Vurk- speserye
  • roosmaryn vir garnering

Metode:

  1. Gooi die gedroogte vrugte in pan en flambé dit in die brandewyn. Laat vir so 2 minute prut.
  2. Sny die filet in die helfte deur. Vul die filet met gedroogte vrugte, gooi matige Veld tot Vurk-speserye oor en maak die filet toe.
  3. Draai tou om die filet om die gedroogte vrugte binne te hou en te verseker dat niks uitval nie. Gooi Veld tot Vurk-speserye oor. Braai die filet op die vuur. Geniet ’n smullekker filet gevul met vrugtegeure.

Bykos: Paptert vir tien mense

Bestanddele

  • 2 pakkies fyngesnyde sampioene
  • 2 pakkies fyn spek
  • 1 ui fyngekap
  • 1 groen soetrissie
  • knoffel-en-kruie-speserye
  • 1 ℓ room
  • 500 ml melk
  • 5 pakkies sampioensouspoeier
  • mieliepap
  • goudakaas

Metode

  1. Braai sampioene, spek, uit, soetrissie en speserye saam.
  2. Kook room en melk in ʼn pot saam. Gooi 5 pakkies sampioensous by en roer tot dik.
  3. Voeg al die gebraaide bestanddele by die vloeistof.
  4. Maak genoeg sagte pap aan vir twee lae.
  5. Skep een laag mieliepap in ʼn bak en een laag van die sampioen-engsel. Gooi goudakaas oor die mengsel. Herhaal proses en bak tot kaas goudbruin is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.