Soorte resepte:

Resep: Geroosterde salm

Geroosterde salm (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié maklike resep sal enigeen soos ʼn professionele sjef laat lyk!

Lewer 2 porsies

Salm

  • 2 mote salm
  • 1 e olyfolie
  • suurlemoenskywe

Kruiemengsel

  • 2 e knoffelpoeier
  • 1 e woestyn- of pienk sout
  • 2 e gedroogde pietersielie
  • 2 e uievlokkies
  • 2 e gedroogde basiliekruid

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Spuit ʼn middelslagoondpan met kossproei of voer die pan met bakpapier uit.
  3. Meng al die bestanddele vir die kruiemengsel goed saam.
  4. Smeer die salm met olyfolie, sprinkel van die kruiemengsel oor en rangskik die suurlemoenskywe bo-op.
  5. Bak in die oondpan vir 10-15 min tot gaar. Sit dadelik voor.

WENK: Die kruiemengsel kan in die yskas of in ʼn lugdigte houer gebêre word en vir ander vis gebruik word. Dit werk net so lekker as ʼn slaaisprinkel.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Izelle Hoffman en Karlien van Jaarsveld

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.