Soorte resepte:

Resep: Geurige biefkerrie

Geurige biefkerrie (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Prutpot is sekerlik een van die handigste apparate wat jy in jou kombuis kan hê. Dit is boonop ekonomies en van die gesondste maniere om smulgeregte voor te berei, hetsy jy ʼn ou prutpotgebruiker of beginnersjef is.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 2 aartappels, in groot stukke gesny
  • 1 klein ui, grofgekap
  • 30 ml botter
  • 750 g stowebeesvleis, in groot stukke gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 x 400 ml-blikkie klappermelk
  • 60 ml grondboontjiebotter
  • 45 ml kerriepoeier
  • 45 ml Thaise vissous
  • 45 ml bruinsuiker
  • 500 ml biefaftreksel
  • 125 ml ongesoute grondboontjies

Metode

  1. Plaas die aartappels en ui in die prutpot.
  2. Smelt die botter in ʼn swaarboompan oor medium hitte en braai die knoffel en vleis tot verbruin.
  3. Skep die vleis en knoffel in die prutpot, maar hou die pansappe in die pan.
  4. Verhit weer die pan en voeg die klappermelk, grondboontjiebotter en kerriepoeier by die pansappe. Roer tot die grondboontjiebotter smelt en giet dan die mengsel in die prutpot.
  5. Skakel die prutpot aan op Laag en roer die vissous, bruinsuiker en biefaftreksel by.
  6. Bedek die prutpot en kook die kerrie op Laag vir 5 uur of tot die vleis sag is.
  7. Roer die grondboontjies deur die kerrie 30 minute voor jy dit gaan opdien.

Bron: 50 Prutpot geregte
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.