Hierdie herderspastei kry ʼn botterskorsiebolaag wat dit ʼn laerkoolhidraatopsie maak.
Lewer 6 porsies
Bestanddele
MAALVLEISMENGSEL
- 15 ml kanolaolie
- 1 ui, gekap
- 2 ml gekapte knoffel
- 500 g laevetmaalvleis
- 7,5 ml fyn koljander
- 7,5 ml komyn
- 2,5 brandrissievlokkies
- 5 ml droë oreganum
- 5 ml sout
- 410 g (1 blik) tamaties
- 15 ml tamatiepasta
BOTTERSKORSIEBOLAAG
- 900 g botterskorsies
- 80 ml vars lemoensap
- 60 ml vars gekapte koljander
- 2,5 ml sout
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 ° Smeer ʼn oondvaste bak liggies met olie.
- Verhit die olie in ʼn kastrol en braai die ui en knoffel tot sag.
- Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
- Voeg die koljander, komyn, brandrissievlokkies, oreganum en sout by.
- Voeg die geblikte tamaties en tamatiepasta by, bedek en laat prut 45 minute.
BOTTERSKORSIEBOLAAG
- Kook botterskorsie 20 minute tot sag. Maak die botterskorsie fyn en voeg die lemoensap, koljander en sout by.
- Plaas die maalvleismengsel in die oondvaste bak en skep die bolaagmengsel bo-op.
- Bak 10 minute in die oond totdat die bolaag effe verbruin het.
Variasie: Vervang die helfte van die botterskorsie met patat. Koolhidrate sal dan wel verhoog.
Bron: Slim Laekoolhidraat-geregte deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand
Uitgewer: Lapa