Soorte resepte:

Resep: Geurige maalvleis-en-pastagereg

(Foto: Pixabay)

Maroela Media-leser Magda du Plessis is ʼn onderwyseres wat soms eers laat by die huis kom. Wanneer dit gebeur, is hierdie gereg iets wat sy vinnig aanmekaar kan slaan.

“Hierdie gereg is goedkoop en vinnig en kan nog meer gerek word deur meer pasta by te voeg,” sê sy.

Bestanddele

  • 1 ui, gekap
  • 1 groenrissie, gekap
  • 500 g maalvleis
  • 5 ml knoffel
  • 5 ml koljander
  • 5 ml basiliekruid
  • pasta van jou keuse
  • 1 pakkie tamatie- of sampioenroomsop
  • 1 ℓ water
  • kaas

Metode

  1. Gebruik ʼn elektriese braaipan en braai die ui saam met die groenrissie tot sag.
  2. Voeg maalvleis, knoffel, koljander en basiliekruid by en roerbraai tot maalvleis verbruin.
  3. Voeg ’n hand vol pasta (ek hou van macaroni) per persoon by.
  4. Meng roomsop met 1 ℓ water tot klontvry en voeg by maalvleis.
  5. Draai braaipan af tot prut. Prut totdat pasta al dente is en sous verdik het. Strooi ʼn bietjie kaas bo-oor en geniet.

Het jy ʼn lekker resep wat jy met ons wil deel? Stuur dit hier vir ons!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

my opinie ·

Dankie Magda…. Gaan dit vir vanaand maak. Ek love Ander se resepte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.