Soorte resepte:

Resep: Gevulde hoenderborsie in spek toegedraai

(Foto: Pixabay)

Maroela Media-leser Adelle Benade sê dit is ʼn heerlike diabetes-vriendelike resep.

Bestanddele

  • 1 ui opgekap
  • 2 knoffeltoontjies, fyn opgekap
  • 4 k spinasie, opgekap
  • 1 blok/ring fetakaas, opgesny in blokkies
  • 2 e ongegeurde jogurt
  • sout
  • peper
  • neutmuskaat
  • hoenderspeserye
  • 6-8 hoenderfilette
  • 250 g streepspek

Metode

  1. Braai ui en knoffel tot deursigtig. Voeg spinasie by en braai tot dit verwelk. Voeg fetakaas en jogurt by en roer tot romerig. Voeg sout, peper en neutmuskaat by na smaak. Hou eenkant.
  2. Sny ʼn gleuf in die hoenderborsie en vou dit oop. Geur met sout, peper of hoenderspeserye.
  3. Skep sowat ʼn eetlepel van die vulsel in die gleuf van die hoenderborsie en vou toe. Draai een of twee repies spek om die hoenderborsie en pak in gesmeerde oondbak.
  4. Bak in oond by 180 °C vir 20-25 minute en plaas onder rooster vir 5 minute vir daai lekker brosgebraaide bolaag.

Stuur jou lekker resep hier vir ons!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stof ·

Hierdie reseppie, voorspel ‘n kulinêre reis wat die weg baan vir ‘n smaaksensasie wat die sinne sal streel tot jare se nostalgiese onthou.
Vergewe my, want ek begeer…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.