Soorte resepte:

Resep: Gevulde rugrol (filetrol)

Gevulde rugrol (Foto: Verskaf)

Heerlik vir die naweek se braaivleisvuur!

Bestanddele

  • 2 kg blouwildebeesfilet
  • 1 teelepel (5 ml) growwe of kristalsout
  • 1 teelepel (5 ml) of meer growwe peper
  • 1 houer (415 g) ingelegde vye
  • 1 skyf (100 g) bloukaas
  • 1 pakkie (200 g) rugspek

SOUS

  • ’n halwe rooi ui, fyngekap
  • 2 eetlepels knoffel, fyngekap
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 200 g rissiegegeurde donkersjokolade
  • 250 g rooiwyn

Metode

  1. Vlek die filet oop.
  2. Strooi sout en peper oor die binnekant van die filet.
  3. Sny die vye en bloukaas in stukkies en versprei dit eweredig aan die een kant van die filet.
  4. Vou die filet toe en lardeer dit met spek, wat jy met tandestokkies vassteek.
  5. Plaas die filet in ’n toeknyprooster en braai dit oor middelmatige kole totdat die spek gaar is.

SOUS

  1. Braai die ui en knoffel in olie in ’n kastrolletjie.
  2. Voeg die wyn by.
  3. Bring die mengsel tot kookpunt sodat die alkohol uitkook en die wyn verminder.
  4. Smelt die donkersjokolade apart in ’n klein kastrolletjie, en meng dit daarna by die rooiwynmengsel in.
  5. Plaas die sous weer terug op die hitte vir ’n verdere 5 minute.
  6. Bedien dit saam met die vleis.

Aartappelgranaat

  • 4 middelslag aartappels
  • 4 eetlepels (60 ml) basiliekruid
  • 4 eetlepels (60 ml) roomkaas
  • 1 pakkie (240 g) songedroogde tamaties
  • 1 pakkie (200g) rugspek

Metode

  1. Sny ’n holte in die middel van die aartappel. Hou die onder- en bokant van die uitgesnyde aartappel.
  2. Vul die aartappel met die roomkaas, songedroogde tamaties en basiliekruid.
  3. Plaas die bo- en onderkant terug in die holte.
  4. Lardeer die aartappel met die spek.
  5. Draai die aartappel met foelie toe en plaas dit op die kole vir 45 minute tot ’n uur.

Kyk hier ‘n voorsmakie vir dié episode van Byt en Buskruit en kyk die volledigie episode hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.