Soorte resepte:

Resep: Gevulde soetrissies

Gevulde soetrissies (Foto: The South African Mushroom Farmers’ Association)

Hierdie resep is maklik en vinnig – perfek vir ʼn weeksaand.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 15 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngemaak
  • 1 sprietui, dun gesny
  • 250 g gemaalde hoender
  • 250 g knopiesampioene, gekap en gebraai
  • 8 klein soetrissies, kante afgesny en pitte verwyder
  • 2 ml suurlemoenpeper
  • 100 ml gerasperde parmesaankaas

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn pan en soteer die knoffel en sprietuie saam. Pasop om nie die knoffel te brand nie.
  2. Voeg die hoender by en braai tot bruin. Voeg die sampioene by.
  3. Kap die kante fyn wat jy van die soetrissies afgesny het en voeg dit by die mengsel in die pan. Geur met suurlemoenpeper en sout na smaak.
  4. Vul die soetrissies met die vulsel in die pan en plaas dit op ʼn oondbakplaat. Sprinkel parmesaankaas oor en bak vir 15 minute teen 180 °C tot die soetrissies net -net sag is of tot die kaas goudbruin is.

Wenk: Bedien met koeskoes of ʼn slaai vir ʼn maklike en gesonde maaltyd.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.