Soorte resepte:

Resep: Ham-en-kaas-eier-voupakkies

Ham-en-kaas-eier-wraps (Foto: Lapa-uitgewers)

Die perfekte ontbyt of ligte aandete.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 8 groot eiers
  • 60 ml water
  • 30 ml koekmeel of mielieblom
  • 2,5 ml sout
  • 20 ml kanola-olie
  • 30 ml gerasperde mozzarellakaas
  • 100 g dungesnyde ham
  • 4 handevol jong spinasieblare

Metode

  1. Meng die eiers, water, meel of mielieblom en sout in ’n bak en klits tot die meel of mielieblom opgelos het.
  2. Verhit 5 ml van die olie in ’n pan. Voeg 125 ml van die eiermengsel by en kantel die pan heen en weer om die hele bodem met ’n dun lagie te bedek. Bak vir 3-6 minute of tot die wrap heeltemal gestol is aan die kante en onderkant. Draai dit om met ’n eierspaan.
  3. Sprinkel onmiddellik 80 ml van die kaas oor en bak tot die tweede kant gestol is, omtrent 1 minuut.
  4. Laat gly die wrap uit die pan op ’n snybord (die kaas sal dalk nog nie heeltemal gesmelt wees nie). Terwyl dit steeds warm is, rangskik ʼn enkellaag ham op die kaas en ’n handvol spinasie in die middel van die wrap. Draai dit styf toe en halveer voor bediening.

Herhaal met die res van die bestanddele.

Bron: Lekker en vinnig: Lekker wraps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan Venter ·

Ham-en-kaas-eier-pakkies ….. Dis mos nou Afrikaans!
(Wraps = kospakkies.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.