Soorte resepte:

Resep: Heel vis op die kole

Heel vis op die kole (Foto: Verskaf)

Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit die eerste episode van Reeks 2.

Bestanddele:

  • 1 heel, kleinerige vis
  • 1 rooi ui
  • ’n handvol koljander
  • 2 teelepels gekapte knoffel
  • 1 teelepel brandrissie
  • 2 teelepels gerasperde gemmer
  • ½ koppie sojasous
  • 1 suurlemoen

Metode:

  1. Verwyder die vis se skubbe. ’n Maklike manier om dit te doen is om ’n vurk te neem en dit teen die grein van die skubbe te trek. Dit sal help om al die skubbe maklik af te kry.
  2. Maak seker die vis is buite en in die buik skoongemaak.
  3. Sny ’n paar vlak kepe deur die vis se vel sodat die marinade kan intrek.
  4. Kap die rooi ui en koljander op, en vul die vis daarmee.
  5. Rasper die suurlemoen, en sit van die skil in die keep wat jy gesny het.
  6. Meng die knoffel, brandrissie, gemmer en sojasous saam en gebruik dit om die vis mee te smeer. Smeer omtrent die helfte van die mengsel op die vis, en hou die ander helfte om deurentyd op te smeer.
  7. Plaas jou vis op ’n toeknyprooster.
  8. Braai die vis op mediumwarm kole vir 20‑25 minute. Draai die vis elke 3‑5 minute, en maak seker die vis se vel brand nie. Gebruik ook die orige knoffelmengsel en smeer gedurig daarvan op die vis.
  9. Die vis is gaar wanneer sy oë wit vertoon en die vleis maklik met ʼn vurk van die grate afgetrek kan word.

Byt & Buskruit is vanaf Donderdag 2 Julie by www.dappermedia.co.za beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.