Soorte resepte:

Resep: Herderspastei met kruisement

Foto net ter illustrasie (Foto: Gopixpic/Pinterest)

Heerlike herderspastei met ʼn knippie kruisement. Trooskos op sy beste!

Lewer 4 tot 6 porsies

Bestanddele:

  • 1 e (15 ml) olie
  • 1 ui, geskil en fyn gekap
  • I knoffelhuisie, gepers
  • 300 g wortels, bo- en onderkante verwyder en geskil
  • 500 g lamsmaalvleis
  • 1 t (5 ml) gemaalde komyn
  • 1 k (250 ml) lamsvleisaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 e (30 ml) vars kruisement, fyn gekap
  • 450 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 450 g patats, geskil en in blokkies gesny
  • 3 e (45 ml) Clover vars room
  • 2 e (30 ml) Clover Mooi River-botter
  • 3 e (45 ml) Clover Tussers-kaas, fyn gerasper

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die olie oor matige hitte in ʼn pan en soteer die ui, knoffel en wortels 5 tot 6 minute totdat die ui sag is.
  3. Voeg die maalvleis en komyn by en braai 8 minute totdat die vleis verbruin is.
  4. Roer die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut 15 minute.
  5. Roer ʼn paar keer. Geur met sout en peper en roer die kruisement by. Skep in ʼn oondvaste bak.
  6. Kook die aartappels en patats saam gaar. Dreineer; skep in ʼn bak en hou eenkant.
  7. Sit die kastrol waarin die aartappels en patats gekook is weer op die stoofplaat en verhit die room en botter daarin totdat die botter gesmelt is. Verwyder van die hitte en voeg die aartappels en patats by. Druk dit fyn. Geur met sout en peper en roer die kaas by.
  8. Skep die aartappel-en-patatmengsel oor die maalvleis in die oondbak en gebruik ʼn vurk om patroontjies daarin te trek. Bak 20 tot 25 minute tot goudbruin.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.