Soorte resepte:

Resep: Hoender à la florentine

Hoender à la florentine. (Foto: Lapa Uitgewers)

Gesonde kos hoef nie vaal of smaakloos te wees nie. Dié hoender à la florentine-resep is aangepas en geskik vir diabete.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 300 g-pak vars spinasie, gewas en fyn gekerf
  • ʼn knippie elk sout en neutmuskaat
  • 4 hoenderborsfilette (400 g)
  • ± 25 ml kanola- of olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 375 ml laevetmelk
  • 30 ml koekmeel
  • 15 ml mielieblom
  • 1,25 ml sout
  • ʼn knippie witpeper
  • 5 ml Dijonmosterd of mosterdsous van jou keuse
  • 125 ml fyngerasperde beleë cheddarkaas (50 g) – hou 25 ml vir oorstrooi
  • paprika

Metode

  1. Stoom die spinasie 6 tot 8 minute tot net gaar. Dreineer, skep dit in ʼn gesmeerde oondbak en geur met sout en neutmuskaat. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Vlek die filette aan die dik kant en kap dit effens platter. Sny elke filet in twee. Verhit die olie en rooster die filette vinnig aan albei kante totdat die vleis verkleur en die buitekante geseël is. (Dit sal in die oond verder gaar word.) Plaas die filette op die spinasie en geur dit liggies met sout en swartpeper.
  3. Meng 75 ml melk met die koekmeel en mielieblom tot glad. Verhit die res van die melk tot kookpunt en roer die meelpasta in ’n dun straaltjie by. Roer en kook vir 2 tot 3 minute tot dik en gaar en geur met sout, peper en mosterd.
  4. Roer die kaas by en skep die sous oor die hoenderfilette. Strooi die res van die kaas en ʼn bietjie paprika bo-oor. Bak dit 30 tot 35 minute en bedien met kapokaartappels en kersietamaties.

Bron: Lekker & Gesond: Diabetes
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.