Soorte resepte:

Resep: Hoender-en-skilferkors-broodjies

Hoender-en-skilferkors-broodjies (Foto: Lapa)

Smul aan hierdie heerlike hoenderbroodjie.

Lewer 6 broodjies

Bestanddele

Hoender

  • 4 hoenderborsies
  • 750 ml (3 k) water
  • 5 ml (1 t) droë gemengde kruie
  • 1 lourierblaar
  • 1 ml sout
  • 1 ml peper
  • 10 ml (2 t) suurlemoensap

 

Skilferbroodjie

  • 400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
  • bietjie melk vir bo-oor

Hoenderslaai

  • 1 ui, fyngekap
  • 1 selderystingel, fyngekap
  • 100 g (1 pakkie) kasjoeneute, grofgekap
  • 565 g (1 blik) lietsjies, gedreineer
  • 2,5 ml (1/2 t) droë mosterdpoeier
  • knypie knoffelsout
  • 125 ml (1/2 k) mayonnaise
  • 125 ml (1/2 k) ongegeurde jogurt
  • 15 ml (1 e) strooisuiker
  • blaarslaai

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 ° Voer ʼn bakplaat uit met bakpapier en spuit met kossproei.

Hoender

  1. Plaas die hoenderborsies en die res van die bestanddele saam in ʼn kastrol.
  2. Kook tot al die water weggekook en hoender gaar is. Laat afkoel en sny die hoenderborsies in blokkies. Hou eenkant.

Skilferbroodjie

  1. Rol die skilferkorsdeeg op ʼn werksoppervlak oop en sny in ses reghoeke van 13 cm x 10 cm.
  2. Verf ʼn bietjie melk oor die deegblokke en bak vir 20 minute tot goudbruin.
  3. Laat op ʼn draadrakkie afkoel en sny middeldeur sodat jy twee dele vir ʼn broodjie het.

Hoenderslaai

  1. Plaas die hoender, ui, seldery, kasjoeneute, lietsjies en knoffelsout in ʼn bak.
  2. Meng die mosterdpoeier en ʼn klein bietjie van die mayonnaise tot glad. Voeg die oorblywende mayonnaise by en roer tot glad.
  3. Roer die jogurt en suiker by die mayonnaisemengsel. Voeg die sous by die hoendermengsel.
  4. Plaas die blaarslaai op die onderste deel van die skilferkorsbroodjie. Skep genoeg hoenderslaai op en plaas die boonste gedeelte van die skilferkorsbroodjie terug.

 

Bron: Beste uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.