Soorte resepte:

Resep: Hoender-quesadillas

Hoender quesadillas (Foto: Sjef snoekie laat die potte sing)

Hoender-quesadillas (Foto: Sjef snoekie laat die potte sing/Lapa Uitgewers)

Quesadillas is ʼn doodmaklike, smullekker gereg wat jy sommer in ʼn kits kan maak. Pak dit in jou piekniekmandjie of knibbel daaraan by die werk. Dit sorg ook vir ʼn heerlike aandete saam met ʼn slaai!

Bestanddele

  • 1 tortilla
  • cajun-speserye
  • ½ k gerasperde kaas
  • 1 hoenderborsie

Metode

  • Braai die hoenderborsie weerskante in ʼn pan tot goudbruin.
  • Bak dit dan in die oond by 180 ˚C vir 25 minute.
  • Laat dit afkoel en sny in repies of blokkies.
  • Spuit ʼn bietjie kleefwerende kossproei op die tortilla en sprinkel cajun-speserye daaroor. Plaas dit met die speserykant na onder in ʼn medium warm pan.
  • Verkrummel die kaas oor die hele tortilla.
  • Skep die hoenderblokkies net in die helfte van die tortilla.
  • Wanneer die kaas goed gesmelt het, vou jy dit toe.
  • Haal dit uit die pan en sny in driehoeke.

Jy kan die resep vermenigvuldig vir meer mense deur die proses te herhaal.

Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.